Die nuutste…

Ekself

Trotse Suid-Afrikaner en Afrikaner, gebore Lydenburger, nou Dullstromer. Oud-weermagkapelaan, afgetrede predikant, pensioenaris, jong-getroude (2019) vlieghengelaar en ook “biker” en Proudly Meerkat.

Lees op hierdie bladsye meer van my nadenke oor allerhande dinge en ook my avonture op en met my motorfiets.

Lewer gerus kommentaar en deel my bydraes met jou vriende. Kontak my as jy net wil gesels.

  • Kaap 2018: Rooiberge, vlaktes, Ronnie’s !!! shop, en nog berge (Jan 5) (1/6/2019) - Hierdie dag het belowe om ‘n lang dag te wees. Teen die tyd wat ek by die top van die Swartbergpas was (10:30), was daar nog ongeveer 460 km oor om te ry – minstens sewe ure se ry volgens my GPS. Die suidekant van die Swartbergpas is amper nog meer asemrowend as die noordekant.... Continue Reading →
  • Kaap 2018: Van die Hel na die hoogtes (Jan 5) (1/6/2019) - Van die bopunt van die Elandspas af het ek teruggery na die Swartbergpas. Ek het verder met die Swartbergpas opgery tot by die top van die pas. Dit was 'n wonderlike deel van die dag se ry.
  • Kaap 2018: Op uit Die Hel (Jan 5) (1/6/2019) - Die oggend van 5 Januarie het ek met ‘n hol kol op die maag opgestaan. Nee, nie omdat ek honger was nie. Maar omdat ek BANG was. Ek is nie skaam om dit te sê nie. Iewers het ek op ‘n stadium gelees van “bikers” wat ook Gamkaskloof besoek het. Die een dame het egter... Continue Reading →
  • Kaap 2018: Af in die dieptes van Die Hel (Jan 4) (1/5/2019) - Nee kyk, ek het gedink Baviaanskloof is erg. Maar toe ek darem hier op die bopunt van die Elandspas gestaan en afgekyk het in die dieptes waarheen ek met ‘n erg kronkelende nou paadjie moes gaan en dit terwyl ek feitlik geen ware ervaring van grondpadry en ry teen sulke steiltes af het nie …... Continue Reading →
  • Kaap 2018: Van die hoogtes na Die Hel (Jan 4) (1/5/2019) - Ek was maar bra onseker nadat ek afgedraai het van die Swartbergpas af. Ek was eenkeer dekades gelede saam met my ouers tot onder in Die Hel. Al wat ek onthou van daardie rit is dat jy op 'n stadium met 'n BAIE steil en nou pad teen 'n hengse berg afry. Sover as wat ek nou met my motorfiets gery het was ek bewend op die uitkyk na dié afdraende. Min het ek geweet dat ek dit eers gaan kry ná 33 km! Drie-en-dertig kilometer wat reeds my vermoëns baie gaan beproef.

Meer artikels te sien by My Joernaal

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑